Ons glo dat kinders die beste leer wanneer hulle ontdek, speel, probeer en droom. Ons skep ’n veilige, liefdevolle omgewing waar elke klein RooiKat met selfvertroue kan groei en ontwikkel.
Ons moedig elke RooiKat aan om nuut te dink, te ontdek en met waagmoed nuwe dinge aan te pak. Hier kry kinders kans om weer en weer te probeer met ondersteuning, aanmoediging en baie pret.
Ons kleiner klasse help elke maatjie om veilig, raakgesien en geborge te voel. Met liefdevolle juffrouens, assistente en individuele aandag kry elke RooiKat ruimte om met selfvertroue te groei.
Ons dagprogram is gevul met kreatiewe leer, stories, beweging, kuns en speel-speel ontdekking wat elke Rooikat help om natuurlik te groei en te leer.
Ons fokus op fisiese, emosionele, sosiale en kognitiewe ontwikkeling sodat elke RooiKat met selfvertroue kan leer, speel en ontdek. Van sensoriese spel tot kreatiewe probleemoplossing.
Sport, kultuur, kuns, musiek en buitespel vorm ’n belangrike deel van ons wêreld. Ons glo elke kind moet kans kry om te ontdek waarin hulle uitblink en waarvan hulle hou.
Ons personeel en Omgeesentrum werk saam om elke RooiKat en RooiSkat se unieke ontwikkeling te ondersteun. Hier word kinders met liefde, respek en deernis begelei.
Ons opvoedkundige program begin elke oggend om 08:00, met toesig reeds vanaf 06:40 vir vroeë oggende. Rooikatjies kan ook veilig en gelukkig by ons naskool tot 17:30 kuier.