Skip to content

Welkom Graad RR!

Ek is bly om te sien dat jy saam met my kom kuier het hier by Rooikatland!

Loer bietjie rond. Ons sien uit om jou ook binnekort by Rooikatland te verwelkom!

Welkom
Graad RR!

Ek is bly om te sien dat jy saam met my kom kuier het hier by Rooikatland!

Loer bietjie rond. Ons sien uit om jou ook binnekort by Rooikatland te verwelkom!

RooiKat-Kapperjolle

RooiKat-Kapperjolle

Graad R-Sentrum

Kom stap saam met my deur die wonderwêreld waar ons groot planne maak, nuwe dinge ontdek en ons eie droomvliegtuie bou! By Graad RR verander verbeelding in avontuur en elke dag bring iets nuuts om saam te ontdek. Hieronder is ‘n virtuele toer van die Graad R-Sentrum.

Inligtingsgids

Inligtingsgids

In ons volledige inligtingsgids kan jy alle nodige inligting vind, van ons leerwyses en dagprogramme tot inligting oor kospakkies, skoolgelde en kleredrag. Jy kan ook meer lees oor vakansieprogramme, kontakbesonderhede en al die ander dinge wat Rooikatland so besonders maak. Hieronder is ’n kort opsomming vanuit die inligtingsgids van wat ons Graad R onderrigsentrum besonders maak.

Hier is speel ons werk! Hier is speel ons werk!

Ons glo dat kinders die beste leer wanneer hulle ontdek, speel, probeer en droom. Ons skep ’n veilige, liefdevolle omgewing waar elke klein RooiKat met selfvertroue kan groei en ontwikkel.

Ons is die vangnet vir probeer! Ons is die vangnet vir probeer!

Ons moedig elke RooiKat aan om nuut te dink, te ontdek en met waagmoed nuwe dinge aan te pak. Hier kry kinders kans om weer en weer te probeer met ondersteuning, aanmoediging en baie pret.

Katjie van die baan. Katjie van die baan.

Ons kleiner klasse help elke maatjie om veilig, raakgesien en geborge te voel. Met liefdevolle juffrouens, assistente en individuele aandag kry elke RooiKat ruimte om met selfvertroue te groei.

Hoe werk dit in die klas? Hoe werk dit in die klas?

Ons dagprogram is gevul met kreatiewe leer, stories, beweging, kuns en speel-speel ontdekking wat elke Rooikat help om natuurlik te groei en te leer.

Hoe word ons die kat se snor? Hoe word ons die kat se snor?

Ons fokus op fisiese, emosionele, sosiale en kognitiewe ontwikkeling sodat elke RooiKat met selfvertroue kan leer, speel en ontdek. Van sensoriese spel tot kreatiewe probleemoplossing.

Waar talente ontsluit word. Waar talente ontsluit word.

Sport, kultuur, kuns, musiek en buitespel vorm ’n belangrike deel van ons wêreld. Ons glo elke kind moet kans kry om te ontdek waarin hulle uitblink en waarvan hulle hou.

Personeel en Omgeesentrum. Personeel en Omgeesentrum.

Ons personeel en Omgeesentrum werk saam om elke RooiKat en RooiSkat se unieke ontwikkeling te ondersteun. Hier word kinders met liefde, respek en deernis begelei.

Skooltye Skooltye

Ons opvoedkundige program begin elke oggend om 08:00, met toesig reeds vanaf 06:40 vir vroeë oggende. Rooikatjies kan ook veilig en gelukkig by ons naskool tot 17:30 kuier.

1nnnn

www.lscp.co.za
graadradmin@lscp.co.za
Laerskool Constantiapark, Constantiapark, Pretoria

1nnnn

www.lscp.co.za
graadradmin@lscp.co.za
Laerskool Constantiapark, Constantiapark, Pretoria